’n Gesprek met jou lewensmaat of eggenoot oor jul geldsake is vandeesweek hoog op die agenda. Maar jy moet ook uiters realisties wees. Jul gesamentlike finansiële situasie lyk waarskynlik nie baie rooskleurig nie, hetsy iets stilgehou is of nie.
Die waarheid kom altyd uit as jy dit genoeg tyd gee. Probeer om nie by die een te leen om die ander te betaal nie, want dit sal net meer stremming op jul skuld plaas.
Die planete vestig hulle een vir een in jou teken en maak jou die ster van die vertoning. Jy ervaar dalk ’n toename in selfvertroue bo en behalwe dat jy ’n paar skerp en inspirerende idees en insigte het. Dink egter ’n bietjie aan jou lewensmaat of eggenoot wat lyk asof hulle die lewe net mooi aan die teenoorgestelde punt van die spektrum ervaar. Toon medelye en gerusstelling as hulle moedeloos voel. Onthou dat trane ’n genesende uitwerking kan hê.