Jy is waarskynlik moeg daarvan dat jou planeet, Mercurius, in jou teken agteruitbeweeg, veral as jy op meer vordering in ’n projek gehoop het.
Hoekom vat jy nie ’n blaaskans van alles en gun jouself nodige aftyd om jou batterye te herlaai nie?
Met dié dat die son op die 21ste in jou teken tot ruste kom, het jy ’n verjaardag in die vooruitsig waarvoor jy op jou beste wil lyk. Wat ’n beter verskoning is daar om meer skoonheidslaap te kry!