Die lewe, liefde en jou huis is oorheersende temas in jou sterrekaart. ’n Mate van tweedrag word aangedui; dus sal alles afhang van hoe jy jouself en die situasie bestuur.
Let daarop emosies kan op die 5de se volmaan buite verhouding opgeblaas word. Probeer dus om nie dit wat in daardie tyd gedoen of gesê word ernstig op te neem nie. Liefde moet nou diskreet wees. Probeer keer dat jou aandag te veel afgelei word.
Al is rusies by die huis vandeesweek onvermydelik, lyk dit asof jy die oorhand het danksy jou sin vir regverdigheid en behoefte om balans te handhaaf. As jy op die oomblik deur vreemde drome geteister word, probeer objektief bly.