book-icon Uitgawe 20 Januarie 2022

Jou sterre vir die week – 20 Januarie 2022

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Dreamstime
Foto: Dreamstime

Pasop om vandeesweek te veel selfvertroue in jou idees en planne te hê, want daar kan ’n blinde kol wees wat nie vir jou sigbaar is nie. Verfyn eerder eers nog die idees en planne pleks van dit finaliseer in ag genome dat Mercurius nog agteruit beweeg. As jy teen die 24ste voel jy word nie gehoor of ernstig opgeneem nie, wag tot die omstandighede verander. Al daardie oordenking werp dalk binnekort vrugte af. 

Jy sal dalk ’n bietjie fermer moet wees met ’n vriend wat skynbaar nou hul eie grootste vyand is. Probeer buiten jou ondersteuning ook jou vriend oorreed om eers alles te oorweeg voor hulle finale besluite neem. Dit verbaas jou dalk glad nie dat jy ook ’n blaaskans nodig het om van die beproewing te herstel of om jou batterye te herlaai nie, of albei. Niks oortref ’n eersteklas-spabehandeling om die gemoed te lig nie.

Dit lyk of jy slaggereed is wat ’n slim loopbaanskuif betref. Met dié dat jou planeet, Mars, by daardie gebied inbeweeg, is dit te verstane dat jy gemotiveerd en gedrewe voel om al jou doelwitte na vore te druk. Probeer geduldig wees, want die feit dat Mercurius dieselfde gebied agteruit binnekom, dui daarop nie alles kan nou al voltooi word nie. So moeilik soos wat dit dalk vir jou is om water te trap, is dit die beste ding om nou te doen.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

20 Januarie 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees