Jy hoor dalk per ongeluk skindernuus wat nie vir jou ore bedoel was nie. Dit kan jou ontstel, maar probeer om jou nie daaroor te verknies nie, want jou aandag en fokus is elders nodig. Met dié dat jou medeheerser, Mars, agteruitbeweeg, sal jy moet diep delf om by die wortel van ’n emosionele en sielkundige kwessie te kom.
Herinner jouself jy is dapper genoeg om te trotseer wat jy moet, al is dit jou eie demone.
As jou lewensmaat/eggenoot op die oomblik stilstuipe het, is dit waarskynlik omdat iets hul gedagtes in beslag neem. Dit is beter om hulle dit in hul eie tyd te laat verwerk, want daar kom vandeesweek nog veranderinge in jul verhouding. Noudat die vurige Mars in jou liefdeshoroskoop begin agteruitbeweeg, moet jy verwag julle sal meer verskille hê en ook meer woordewisselings.