Oppas om hierdie week te veel selfvertroue te hê, want jy kan as strydlustig of arrogant ervaar word wanneer jy eintlik op ’n pad is van nuwe deure oopmaak.
’n Ommekeer by die werk is dalk nie so sleg as wat dit eers lyk nie. Dit kan ’n kans wees om vry te breek, iets anders te doen of die moed bymekaar te skraap om ’n lankbegeerde verandering te maak.
Maak jou reg dat jou geliefde dalk teen so ’n verandering gekant sal wees.