Jy is hierdie week in ’n goeie bui en het blykbaar soveel pret dat jy jouself skaars kan bedwing. Boonop kan jou uitbundige en vrygewige geaardheid nie anders as om mense na jou te lok wat kan deel in die pret nie.
Wees bedag daarop om nie jou geliefdes by die huis in die proses af te skeep nie, so wees bewus van waar jy jou tyd deurbring. Jy wil nie hê dat enige skandaal jou reputasie skade berokken nie; sit dus jou beste voetjie voor.
Venus, die liefdesdiva, skuif op die 10de by jou teken in en maak alle liefdesverwante sake die middelpunt in jou lewe. Wees egter bedag daarop dat jy, wat gewoonlik taamlik versigtig te werk gaan, nie halsoorkop verlief raak op iemand wat jy as glansryk en anderwêrelds beskou nie.