Jou finansies lyk dalk op die oomblik soos ’n voëlnes, en jy voel dalk in die duister oor hoe jy die saak gaan bestuur en oplos. Daar is besliste hoop op die horison, en sodra Mercurius, die planeet van die verstand en intelligensie, op die 11de in jou teken gevestig is, sal daar groter helderheid van gedagtes kom.
Probeer intussen om nie liggelowig te wees nie,en waak daarteen om mense te vertrou wat vir jou wonderbaarlike hulp bied.
In teenstelling met verlede week wag daar ’n potensieel romantiese tyd gevul met allerhande fantasieë wat jy nie kon voorsien het nie. Dit lyk asof liefde jou tans op al die regte plekke vind, maar dit sal ook alte maklik wees vir ’n gewetenlose persoon om voordeel te trek uit jou goeie geaardheid.