1. Die reeks van agt episodes gaan oor die moord op ses kinders wie se liggame in ’n verlate woud in Donkerbos, Limpopo, aangetref word.
Die verstote speurder Fanie van Wyk (Erica Wessels) moet die moordenaar vastrek voor nog kinders sterf. Maar terselfdertyd worstel sy met haar eie donker verlede.
2. Donkerbos speel af op ’n fiktiewe dorp met dieselfde naam, iewers tussen Haenertsburg en Tzaneen in Limpopo. Die reeks is tussen Mei en Julie vanjaar oor sewe weke in Limpopo en die Wes-Kaap geskiet.