‘7de Laan’: Esti word wakker – wat nou van Rickus en Lana?

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Esti het in 7de Laan uit 'n koma ontwaak. Foto's: 7de Laan
Esti het in 7de Laan uit 'n koma ontwaak. Foto's: 7de Laan

In die jongste aflewering van 7de Laan het Esti, nadat sy maande lank in ’n koma was, eindelik ontwaak. Maar hoe gaan sy reageer as sy uitvind haar man, Rickus, het minder as ’n jaar ná hul sprokiestroue liefde gevind in die arms van ’n ander vrou? 

Toe Esti en Rickus in Oktober verlede jaar ewige trou aan mekaar beloof het, was kykers uit hul vel van opgewondenheid vir die paartjie, maar hul geluk was van korte duur. 

Die pasgetroudes se wittebrood is kortgeknip toe ’n bomontploffing die Hillside Heights verwoes het. Esti het geheueverlies opgedoen en Rickus moes toekyk hoe die vrou met wie hy pas getrou het in ’n inrigting opgeneem word. Sy het in 'n koma verval.

Dit was ’n moeilike tyd vir Rickus, maar hy het onlangs weer liefde gevind by Lana (Mila Guy). Toe kom die kinkel. Net toe dié twee besluit om hul verhouding na die volgende vlak te neem, word Esti onverwags wakker. 

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

27 Januarie 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees