book-icon Uitgawe 14 Oktober 2021

‘7de Laan’ se André en Connie: Als oor hul pragtige 'weglooptroue'

akkreditasie
0:00
play article
Intekenaars kan na hierdie artikel luister
Die verfilming van 7de Laan se André en Connie se troue het baie beplanning en vele uitdagings ingehou. Foto's: 7de Laan
Die verfilming van 7de Laan se André en Connie se troue het baie beplanning en vele uitdagings ingehou. Foto's: 7de Laan

Dis ’n koue wintersoggend op ’n Kaapse strand, maar nie eens die gure weer kan die bruidegom keer om eindelik ’n troupand aan sy bruid se vinger te steek nie.

Dis die oomblik waarvan hy sewe maande lank in sy tronksel sit en droom het. In ’n sagte, vloeiende blou rok en met ’n blommekroon op haar donkerbruin hare en ’n ruiker van krytblomme glimlag sy bruid vir hom.

Dié huwelikseremonie, wat pas uitgesaai is – 7de Laan se heel eerste strandtroue – het party kykers van die SABC 2-sepie gevrees sal nooit vir die karakters Connie van der Lecq (gespeel deur Quinne Brown Huffman) en André Vosloo (Marcus Muller) beskore wees nie. Want die twee se liefdespad was vol kronkels, sy dade soms baie donker, en hul verhouding het by tye aan ’n dun-dun draadjie gehang.

Quinne erken sy het self nooit gedink hul karakters sou ná vyf jaar saam trou of dat sy haar karakter ooit in ’n trourok sou sien nie.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

28 Oktober 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees