Suid-Afrika se etiketghoeroe Emsie Schoeman kuier vanaand saam met Minki van der Westhuizen in die ateljee. Hulle gesels oor haar loopbaan as model, aktrise en Suid-Afrika se etiketkenner.
Minki verras haar dan met Aleit, wat een van haar groot aanhangers is. Aleit sê in die episode hy het in sy hoërskooldae vir die eerste keer van Emsie gehoor en was dadelik ’n aanhanger.
Hy vertel verder dat hy haar veral bewonder omdat sy nie net gefokus het op Suid-Afrika se etiket benadering nie.