book-icon Uitgawe 2 Februarie 2023
Deel

Als oor die tweede seisoen van M-Net se boeiende ‘Lioness’

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Shannon Esra vertolk weer die hoofrol van Samantha Hugo in “Lioness”. Foto: M-Net
Shannon Esra vertolk weer die hoofrol van Samantha Hugo in “Lioness”. Foto: M-Net

1. Die eerste seisoen van die misdaadreeks het kykers twee jaar gelede geboei. Lioness vertel die storie van Samantha Hugo (Shannon Esra) wat pas uit die tronk vrygelaat is. Sy was agter tralies vir bedrog wat haar man, Adrian Hugo (Jacques Bessenger), voor sy dood gepleeg het. Toe sy agt jaar later met haar kinders herenig word, vind sy uit haar man leef nog. 

2. Seisoen twee spring weg met Adrian se tweede vrou, Bianca (Carla Classen), wat desperaat na haar vermiste man soek. Dié is begrawe in die tuin van Sam se ma, Charlotte (Fiona Ramsay). Sam moet haar seun, Liam (Joshua Eady), tot elke prys beskerm. Maar toe sy uitvind Adrian se dood was nie soos dit voorgekom het nie, is die leeuwyfie reg om te veg. 

3. Die reeks van 10 episodes is tussen Februarie en Mei verlede jaar geskiet. Soos met die eerste seisoen is dit meestal in die noordelike voorstede van Johannesburg verfilm. “Kykers sal weer baie plekke in Sandton, Rosebank en die Johannesburgse middestad herken,” sê Wikus du Toit, M-Net se opdraggewende vervaardiger. 

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Jongste uitgawe

23 Maart 2023

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees