book-icon Uitgawe 29 April 2021

Als oor Showmax se 1ste Afrikaanse reeks, 'Skemerdans'

akkreditasie
Vinette Ebrahim vertolk die rol van Mercia Fortune, die matriarg van die magtige Fortune-familie. Foto: Zaheer Banderker
Vinette Ebrahim vertolk die rol van Mercia Fortune, die matriarg van die magtige Fortune-familie. Foto: Zaheer Banderker

Die neo-noir-moordraaisel van 13 episodes speel af op die Kaapse Vlakte. Ná die moord op Glenn Fortune (die Arendsvlei-ster Kevin Smith) word ’n jazzklub, The Oasis, die middelpunt van ’n magstryd tussen twee broers, ’n weduwee en ’n georganiseerde misdaadsindikaat.

Skemerdans, wat op Showmax uitgereik word, is deur die bekroonde dramaturg, draaiboekskrywer en regisseur Amy Jephta geskryf.

Amy, wat geskryf het aan trefferreekse soos Trackers en die rolprent Ellen: Die Ellen Pakkies-storie, is ook die uitvoerende vervaardiger en mederegisseur van dié reeks. Skemerdans is van Oktober tot November verlede jaar in Voortrekkerstraat en die ikoniese Club Galaxy in Rylands, Kaapstad, verfilm.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

27 Januarie 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees