Die possakke het behoorlik gebult met briewe, foto’s en geskenkies toe Leah in Donderdagaand se episode die land deurkruis het om die top-10-boere se briewe af te lewer.
Die vyf boere wat die meeste pos gekry het, het natuurlik nou die geleentheid om elkeen 10 briefskrywers te nooi sodat hulle mekaar in volgende week se episode, 1 November, kan ontmoet.
Die grootste verrassing vir kykers was natuurlik toe Toanette (23), wat ’n wildboerdery in Modimolle, Limpopo, het, onder die topvyf-boere is.