'Boer soek ’n vrou': Hier is die top-5 boere wat die meeste briewe gekry het

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die boere het die eerste stap gegee en ingeskryf en die vroue het geantwoord op hul roepstem van die plase reg oor die land. Dit is duidelik almal glo nog in liefde.

In episode 2 van kykNET se maatsoekreeks Boer soek ’n vrou speel Marciel dié week posbode en ry van plaas tot plaas om die briewe, geskenke en ander verrassings af te lewer. Hier is die top-5 boere wat die meeste briewe gekry het.

Willem (38), Philippolis, Vrystaat 

Carin en Stephan kyk saam met Willem na sy briewe.
Carin en Stephan kyk saam met Willem na sy briewe. Foto: Verskaf

Hy lyk sommer kinderlik gelukkig met sy sak wat afgelewer word. In een van sy geskenkpakkies is daar selfs ’n bottel Jeripigo.

“Sjoe, die mense het omtrent moeite gedoen,” sê Willem verbaas. Ja, hy is geskok dat hy soveel briewe gekry het om sy pad na die top-5 oop te maak, sê hy.

’n Vriendin, Carin, en Stephan, sy swaer, moet kom help kies. Stephan sê hy dink Willem soek ’n “vriend, ’n kok, ’n lover en iemand wat spontaan is”. Hulle kort weer ’n bietjie vuur in die familie, vertel Stephan laggend.

In een van die briewe skryf iemand: “My oksels het begin jeuk toe ek jou sien.” “Jo, dis diep”, sê Stephan.

Johan (29), Marquard, Vrystaat

Marciel lees een van Johan se briewe. Foto: Verska
Marciel lees een van Johan se briewe. Foto: Verskaf

Michaela skryf: “Buiten jou mooi oë het jou rustigheid en mooi geaardheid iets in my geroer.”

Iemand anders skryf: “My name must be John Deere because I’m totally a-tractored to you.” Suster Mari en broer Gerhard moet kom help kies. Gerhard sê hulle het laas op skool so baie gelees.

Nelis (32) Vaal Marina, Gauteng 

Nelis wys vir sy vriende, JP en Corné, die slaapbr
Nelis wys vir sy vriende, JP en Corné, die slaapbroekie wat hy as geskenk gekry het. Foto: Verskaf

Hierdie skaam boer sê hy stres oor alles; daarom kan hierdie proses dalk 'n bietjie oorweldigend vir hom wees.

“Ek is opgewonde, maar nou worry ek nog meer,” sê hy toe hy hoor hy gaan Kaap toe.

Iemand skryf: “Soos ek hier tik is ek kinderlik opgewonde, ek het skoenlappers in my maag en ’n glimlag op my gesig. Hierdie brief kan dalk die begin wees van iets baie mooi en spesiaal.”

’n Ander vrou het selfs vir hom ’n slaapbroekie as geskenk gestuur. Sy vriende JP en Corné moes kom help kies. Corné verklap Nelis, wat welbelese is, hou van iemand met wie hy intelligente gesprekke kan voer.

Petré (26) Vierfontein, Vrystaat

Petré kyk na sy briewe. Foto: Verskaf
Petré kyk na sy briewe. Foto: Verskaf

Hy was sommer dadelik beïndruk met die eerste brief wat hy oopgemaak het.

“As die eerste een so lyk, dan is die standaarde hoog gestel,” sê hy oor Bu-Anda se foto. Hy sien sy deelname nie as ’n kompetisie nie, maar eerder net om die regte een te vind, sê hy. Linde, sy broer, en sy vriend Jakkie help hom kies.

Tyson (33) Bergville, KwaZulu-Natal

Tyson en Marciel wonder wat alles in dié geskenkpa
Tyson en Marciel wonder wat alles in dié geskenkpakkie kan wees. Foto: Verskaf

Ari het vir hom ’n geskenkpakkie opgemaak wat sy noem “Ty’s Braai Box”. Wanneer hy iets in die geskenkpak gebruik, moet hy dink aan al die lekker memories wat hulle saam gaan maak, sê sy vol selfvertroue.

Nog een skryf die reuk van ’n vrou se parfuum is belangriker as haar handskrif; daarom het sy vir hom ’n paar kouse gestuur wat met haar parfuum gespuit is.

Hy het die meeste briewe van al die boere gekry en het sy vriend, Bernic, se hulp ingeroep om deur die vyf sakke briewe te werk.

  • In episode 3 is daar geen omdraaikans meer vir die top-5 boere nie. In dié episode, wat op 27 Januarie op kykNET (DStv-kanaal 144) te sien is, ontmoet die boere die 10 meisies wat hulle gekies het in die Kaap. 
Teken in op ons nuusbriewe

Kry die dag se sterkste stories, die week se lekkerste resepte, die maandelikse nuus oor modes, boeke, skoolsake en hartsake. Teken nou in!

Jongste uitgawe

19 Mei 2022

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees