En oudergewoonte gaan die vyf boere wat die meeste briewe gekry het voort met die reeks, en hulle kry die kans om hul 10 moontlike pasmaats persoonlik te ontmoet.
Soos gewoonlik het die vroue baie moeite gedoen met hul briewe, geskenke, foto's en ander verrassings om die aandag te trek van die boer wat hulle in hul visier het. Die boere was behoorlik uit die veld geslaan deur party se kreatiwiteit.
Die pad na ’n lewensmaat is nie ’n enkelbaan nie: ons almal word omring deur vriende en familie wat saam met ons hoop dat die regte persoon ons pad sal kruis. En natuurlik sal hulle ook help met dié soektog! Elke boer het daarom ook in dié week se episode hulp ingeroep om te help met hul keuses.