Boer Soek ’n Vrou: Só lyk die top-10-boere vir die 12de reeks

akkreditasie
Die TV-kanaal kykNET het vanaand (Sondagaand, 12 Mei) dié 10 boere aangekondig wat in vanjaar se Boer Soek ’n Vrou-reeks op ’n liefdesreis wil gaan om die ideale pasmaat te vind. En soos gewoonlik het ’n paar verrassings op kykers gewag!

Vanjaar het geen vroulike boer die toptienlys gehaal nie, maar vir die eerste keer in die geskiedenis van dié gewilde werklikheidsreeks, wat nou in sy 12de seisoen is, neem ’n gay boer deel.

Gauteng

Damian (37)

Damian (37)
Damian (37)

Dis die eerste keer dat dit ook Boer Soek ’n Ou is. Damian is 37 jaar oud en opsoek na ’n manlike pasmaat. Hy kom van Bapsfontein in Gauteng en boer met beeste en skape. Hy is ook die enigste deelnemer uit Gauteng.

Die Wes-Kaap het sommer ’n volle vyf boere opgelewer

Franco (30)

Franco (30)
Franco (30)

Die boer het ’n gemengde boerdery in die Moorreesburgdistrik.

Gerrit (31)

Gerrit (31)
Gerrit (31)

Dié boer is ’n sitrusboer in die Citrusdaldistrik.

Hentie (51)

Hentie (51)
Hentie (51)

Die 51-jarige Hentie is ’n rooibosteeboer van Clanwilliam. Hy is vanjaar die oudste deelnemer aan die reeks.

Willem (29)

Willem (29)
Willem (29)

Kyk net so, nóg ’n rooibosteeboer van Clanwilliam.

Theunis (36)

Theunis (36)
Theunis (36)

Theunis is ’n boer van De Doorns se wêreld wat met tafeldruiwe boer.

Noord-Kaap

Rohan (31)

Rohan (31)
Rohan (31)

Hy boer ook met tafeldruiwe, maar is van Augrabies in die Noord-Kaap afkomstig.

Albert (29)

Albert (29)
Albert (29)

Dié boer kom van Noupoort in die Noord-Kaap en is ’n wol-, merinoskaap- en wildboer.

Uit die Oos-Kaap is daar twee soekers na die liefde

Graham (26)

Graham (26)
Graham (26)

Die jongste boer in vanjaar se reeks is ’n melk- en beesboer van Cradock.

Brandon (37)

Brandon (37)
Brandon (37)

Hy boer met beeste en skape in die Stutterheimdistrik.

Vang een van dié boere dalk jou oog en wil jy hom graag beter leer ken?

Dan moet jy gou spring en voor middernag op 31 Mei 2019 ’n brief aan jou gekose boer skryf. Jy kan dit op een van die volgende drie maniere doen:

  • Skryf in op kykNET se webtuiste by www.kyknet.tv, bel 079 335 5137 of stuur ’n e-pos na boer@marche.media.
  • Onthou: Om te kwalifiseer, moet jy ouer as 21, ongetroud, geskei of ’n weduwee/wewenaar wees.
  • Die sanger en aktrise Leah keer ook terug as die aanbieder. TV-kykers sal van Oktober die wel en weë van die vyf boere wat die meeste briewe ontvang het op kykNET (DStv-kanaal 144) kan volg.

Jongste uitgawe

18 Augustus 2022

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees
Huisgenoot Eisteddfod

Wys jou talent en kry meestersklasse by bekendes!

Huisgenoot Eisteddfod
Is jou kind talentvol en lief vir die kunste? Skryf nou in vir Huisgenoot se splinternuwe aanlyn nasionale kunsfees.
Skryf nou in