Bokslegende Jimmy Abbott se nuwe gewigstryd op TV

akkreditasie
Jimmy en sy vrou, Annette, in 2012 toe hy 170 kg geweeg het. Hy het intussen weer gewig aangesit. Foto: ER Lombard
Jimmy en sy vrou, Annette, in 2012 toe hy 170 kg geweeg het. Hy het intussen weer gewig aangesit. Foto: ER Lombard

Hy het in die 1980's naam gemaak as Suid-Afrika se jongste swaargewigbokskampioen, maar deur die jare het sy gewig 'n sware las vir Jimmy Abbott geword.

Dit het sy tol van sy gesondheid geëis en in die afgelope dekade het hy drie hartaanvalle en 'n beroerte oorleef. Daarom glo die voormalige bokser en deesdae prediker sy deelname aan die vyfde seisoen van die kykNET-werklikheidsreeks Slank is 'n bestiering van God.

“Ek en my vrou het in 2013 gebid en vir die Here gesê ons wil gewig verloor,” vertel Jimmy (61) wat op Heidelberg, Gauteng woon.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

20 Januarie 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees