In VIA se splinternuwe program Die groot afskud word ses oorgewig deelnemers van reg oor die land ses maande lank deur drie kenners – ’n fiksheidsafrigter, dieetkundige en sielkundige – bygestaan om eens en vir altyd die kilogramme af te skud.
Die deelnemers is in twee spanne verdeel om die proses makliker te maak en ontmoet mekaar eers die eerste dag op die stel.
“Ons het vooraf bloedtoetse gedoen om te bepaal watter gesondheidsprobleme elke deelnemer het. Daar word ook gekyk na elkeen se liggaamlike samestelling. Op grond van dié uitslae is die twee spanne deur die afrigters verdeel,” sê Nicole Bailey, vervaardiger van die reeks.