Dis donker agter die skerms by ’n opname van Die Kontrak, ’n nuwe VIA-kompetisiereeks.
Daar is afwagting in die lug; die gehoor hou asem op. Met ’n energieke sprong verskyn Barry Pretorius op die verhoog – die ene grappies, streke en baldadige geesdrif.
Hy is een van die beoordelaars in dié nuwe Afrikaanse sang- kompetisie en moet saam met die sangers Theuns Jordaan en Corlea Botha raad gee terwyl die aspirantsangers dit uitspook om ’n platekontrak ter waarde van R1 miljoen by die platemaatskappy Coleske Artists te wen.