In die jongste episode van kykNET se gewilde realiteitsreeks was daar nogmaals drama toe die vroue Renske en haar man se wildsplaas in die Laeveld gaan besoek het. Soveel so dat selfs die diere op hul wildrit te skug was.
In ’n poging om vriendskappe te smee het Renske besluit om die vroue na hul kasteel tussen die doringbome te neem, maar Mel was glad nie deur hierdie herehuis beïndruk nie.
“Dit is huge-ish, maar ek was nou nie noodwendig soos ander mense beïndruk nie,” het Mel aan die kamera gesê.