Ons het oor die jare al verskeie kere kennis gemaak met uitlopers van die grillerige maar skreeusnaakse The Addams Family. Nou fokus Netflix op die familie se morbiede dogter, Wednesday, en haar beheptheid met die dood.
Ons leer haar nou ken tydens haar hoërskooljare aan die Nevermore Academy. Hier moet Wednesday die dramas van die koshuislewe verduur terwyl sy worstel met haar psigiese kragte asook ’n bonatuurlike moordraaisel wat haar familie raak.
Die reeks word as ’n soort Nancy Drew-speurreeks beskryf maar met die donker elemente wat The Addams Family so uniek maak.