Praat van bedrywig! Ons het haar al gesien as Maria in die fliek Kaalgat Karel en verlede jaar as Ella Vaalbooi in die M-Net-dramareeks Desert Rose. En nou vertolk sy die rol van Pam Joubert in kykNET se telenovelle Diepe waters.
Haar karakter werk in haar ma, Zelda Joubert (Sandi Schultz), se skoonheidsalon. Tracey-Lee (42) vertel sy hou van hoe stylvol Pam is. “Ek het ook van kleintyd af myself deur my kleredrag uitgedruk. Pam is ook mal oor hare en grimering en om haarself op ’n goeie manier uit te beeld.”