Drama op drama op ‘Ram vir ’n Rus’: ‘Ek het jou lief! Sal jy my meisie wees?’

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Nadat daar twee weke lank by die Nyati Lodge, deel van die groter Krugerwildtuin, gekuier en geflankeer is, moes ons vier Ramme nou hul finale besluit neem. Watter Russiese skoonheid gaan hulle elkeen na hul huis nooi? Dit was die vraagstuk waarmee die Ramme in hiérdie week se episode van VIA se realiteitsreeks, “Ram vir ’n Rus”, gekonfronteer is.
Na verlede week se onderonsie tussen die twee kuie
Ná verlede week se onderonsie tussen die twee kuier Ryan en Viktoriia nou weer gesellig saam. Foto: Verskaf

Elizabeth Khomzhukova, die Russiese pasmaat-spesialis wat die agt vroue na Suid-Afrika vergesel het, vertel diegene wat nie ’n sterk genoeg band met die plaaslike Ramme kon bou om gekies te word nie, sou wel graag ’n bietjie langer in Suid-Afrika wou agterbly om meer enkellopende mans te ontmoet.

Sy verklap ook dat die vier vroue wat nou na die manne se huise gaan, effens bang is.

“Hier by die lodge het hulle ’n vakansie gehad, maar vanaf volgende week sal hulle die regte lewe in die Ram se huis moet ervaar. Daar kan probleme opduik.”

Heinrich weet nie wie hy wil hê nie. Dit is ’n probleem, want Tatiana en Evgeniya hou regtig altwee van hom.

Sy het ook tydens die twee weke wat hulle by die lodge deurgebring het, die interaksie tussen die deelnemers goed dopgehou.

Alisa en Gideon was heeltyd in mekaar se geselskap, maar Elizabeth dink nie dat hulle verlief is nie, aangesien hulle niks wys nie.

“Maar hulle voel beslis iets vir mekaar; daar kan dalk iets diepers tussen hulle ontwikkel.”

Heinrich kan weer nie ’n keuse tussen die meisies maak nie, sê sy. “Hy weet nie wie hy wil hê nie. Dit is ’n probleem, want Tatiana en Evgeniya hou regtig altwee van hom.”

Elizabeth sê Ryan laat sommige van die vroue baie aan ’n tipiese Russiese man dink.

“Hy drink te veel en hy gaan ook van die een meisie na die ander. Die probleem is dat hy nie net op een meisie konsentreer nie en kort-kort van mening verander. Viktoriia hou van hom, maar sy voel sy is nie sy nommer een-keuse nie.”

Elizabeth voel Koos en Marche sal ’n goeie paartjie uitmaak, want hulle sien die lewe baie dieselfde. Dié oggend aan die ontbyttafel, nadat die voggies die vorige aand al te vrolik tydens die Russiese partytjie gevloei het, sê Koos juis dat Marche die beste ding vir ’n babbelas is: “As ek haar sien, dan voel ek al klaar beter!”

Heinrich en Tatiana se oë ontmoet mekaar by ‘n wat
Heinrich en Tatiana se oë ontmoet mekaar by ‘n waterval. Foto: Verskaf

Ná ’n regmaker-ontbyt het die groep by Kestell Adventures naby die lodge gaan abseil. Alisa was egter vreesbevange toe sy een tree agteruit moes gee om teen die krans af te sak. 

“Ek is bang, ek is bang,” het sy benoud gesê. Die gids het haar gerusgestel dat sy veilig is, maar sy het in trane uitgebars. “Oh my g*d, I am scared! I don’t want to do this!”

‘n Vreesbevange Alisa sê snikkend sy is te bang om
‘n Vreesbevange Alisa sê snikkend sy is te bang om te abseil. Foto: Verskaf

Heinrich en Tatiana het weggestap waar ’n pragtige waterval die passie in hul liggame laat opwel het.

Ryan en Viktoriia het ’n entjie verder ’n stil plekkie in die natuur gaan opsoek. Ryan het weer verskoning gevra dat hy die vorige aand, tydens die Russiese partytjie, aan haar boud geraak het. 

Sy sê sy het van die begin af van hom gehou, maar dat sy nie die idee kry dat sy spesiaal vir hom is nie. Daarom wil sy nóú weet: Hou hy van haar of nie?

Wanneer die skemer aanbreek, moet die manne daardie belangrike besluit neem om die Rus by wie hy die meeste aanklank vind, te vra om saam met hom huis toe te gaan.

Koos straal van geluk nadat Marche ingestem het om
Koos straal van geluk nadat Marche ingestem het om saam met hom huis toe te gaan. Foto: Verskaf

Die Ramme kies

  • Gideon kies vir Alisa, want haar persoonlikheid is die naaste aan syne, verduidelik hy.
  • Marche het dadelik vir Koos omhels toe hy vir haar vra om van sy huis ’n tuiste te kom maak.
  • Heinrich het vir Tatiana gesê: “Ek het jou lief; sal jy my meisie wees?
  • En Ryan het gesê sy keuse is iemand met wie hy van die begin af ’n konneksie gevoel het: Viktoriia.

Die ander vier vroue moes groet, want die volgende dag gaan hulle terug na Rusland.

Kyk hoe koer Ryan en Viktoriia vir mekaar! Foto: V
Kyk hoe koer Ryan en Viktoriia vir mekaar! Foto: Verskaf
  • In episode 8, wat op Woensdag 8 Desember om 20:00 op VIA (DStv-kanaal 147) uitgesaai word, daag die vroue saam met hul Ramme by dié se huise op waar hulle moet kyk of hulle vir die volgende vyf weke onder een dak sal kan saamleef.
Teken in op ons nuusbriewe

Kry die dag se sterkste stories, die week se lekkerste resepte, die maandelikse nuus oor modes, boeke, skoolsake en hartsake. Teken nou in!

Jongste uitgawe

20 Januarie 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees