Duiwel weer los in 'Days' – is dit weer vir Marlena?

akkreditasie
0:00
play article
Intekenaars kan na hierdie artikel luister
Dis dalk een van die bekendste sepie-storielyne: die keer toe Marlena met die duiwel besete was. Nou, byna 30 jaar na dié storielyn, maak die duiwel weer sy gasverskyning in Salem in die Amerikaanse sepie 'Days of our Lives'.
Deidre Hall en Drake Hogestyn as Marlena en John i
Deidre Hall en Drake Hogestyn as Marlena en John in die sepie Days of our Lives. Foto: Instagram/nbcdays

NBC, die netwerk wat dié sepie vervaardig, het onlangs ’n mediaverklaring uitgereik waarin hulle sê die duiwel is terug om dalk Marlena, wat deur die Amerikaanse aktrise Deidre Hall (73) gespeel word, se siel te kom haal.

“Die oorspronklike storie het in 1994 begin toe die bose Stefan DiMera Marlena gehipnotiseer het,” lui ’n verklaring deur die netwerk. “Dit was veronderstel om haar verlief te maak op hom, maar het toe daartoe gelei dat Marlena deur die duiwel besete is.”

As jy destyds 'n Days-aanhanger was, of al in popkultuur die GIF's en foto’s van die besete Marlena gesien het, sal jy die bekende toneel onthou waar Marlena oor haar bed gesweef het met duiwelse groen oë. Dit is tot vandag toe een van die mees ikoniese tonele in Amerikaanse sepie-geskiedenis.

Deidre Hall, Days of our Lives. Foto: Michael Tran
Deidre Hall wat die rol van Marlena in Days of our Lives vertolk, het in 2016 'n Hollywoodster op die Hollywood Walk of Fame gekry. Foto: Michael Tran/FilmMagic

“Wanneer Days weer dié storielyn gaan besoek, kan kykers uitsien na dinge wat jy nooit verwag het nie en bekende gesigte wat terugkeer om almal te red. Hierdie keer het die duiwel geen perke nie en niemand in Salem is veilig nie.”

Die storielyn gaan by die bekende Brady’s Pub begin.

Die 52ste seisoen van Days of our Lives word weekdae om 16:45 op e.tv uitgesaai. Maar Suid-Afrikaners is vier jaar agter die huidige storielyn in Amerika.

Kykers sal dus nog 'n hele ruk moet wag om te sien of Marlena weer dié keer die duiwel se teiken is. Dit kan immers enigeen van die karakters wees wat volgende oor hul bed met duiwelse groen oë sweef.  

Bronne: Entertainment Weekly, TV Insider 

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op Facebook, Twitter, Instagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe

Jongste uitgawe

21 Oktober 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees