Efraine verlaat ‘Op my eish!’: ‘Ek voel dit was die regte besluit’

akkreditasie
Efraine het vanaand self besluit om Op my eish! te verlaat. Foto's: kykNET
Efraine het vanaand self besluit om Op my eish! te verlaat. Foto's: kykNET

Dié twee het toevallig op dieselfde rotse ontmoet waar Neels en Laurika mekaar vroeër gegroet het. 

In die vorige episode het kykers gesien hoe ongemaklik Efraine raak toe die aanbieder, Henré Pretorius, vir die vroue by die kos-en-wynparing by The Wine Glass-restaurant in Hermanus, vra hoekom hulle dink hulle so goed by Neels pas. 

“Ek wou daai wyn in my keelgat afgooi, want ek kon nie dink wat om te antwoord nie. Neels is ’n ongelooflike mens, maar ek kan nie sien dat ek by hom pas nie,” het Efraine toe al gesê. 

Tydens vanaand se episode sê Efraine dis juis ná hierdie uitstappie waar sy besef het sy sien nie haarself as Neels se meisie nie. “Dit was ’n maklike besluit in die sin van toe ek hoor hoe die ander meisies voel om te weet dat dit is nie hoe ek voel nie,” sê sy. 

Volgens Neels is dit natuurlik nie ideaal dat Efraine besluit het om die program te verlaat nie, maar hy respekteer dit. 

“Soos hulle moet weet hulle gaan huis toe, het ek ook miskien geweet dat hierdie is nie almal se cup of tea nie en ek is miskien nie almal se cup of tea nie,” sê hy. 

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

28 Oktober 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees