‘Erfsondes’-aktrise maak debuut in ‘Getroud met rugby’

akkreditasie
Melissa Massyn vertolk die rol van Nesie in Getroud met rugby. Foto: Willem Botha
Melissa Massyn vertolk die rol van Nesie in Getroud met rugby. Foto: Willem Botha

Melissa vertolk die rol van Nesie, wat in dieselfde plakkerskamp as Koekie (Rina Nienaber) en Festus Koekemoer (Louis van Niekerk) grootgeword het en al die pad van Springs na die Goudstad toe kom om haar drome na te jaag. 

Tannie Koekie en oom Festus ontferm hulle oor Nesie en sy trek by hulle in. 

“Sy is gebore om beroemd te wees en gaan probeer sing en dans,” vertel Melissa oor haar karakter. 

Sy het tydelik van Kaapstad na Johannesburg verhuis vir die rol en het reeds einde Mei aan haar eerste tonele vir die sepie begin skiet. 

“As kunstenaar moet jy maar gaan waar daar werk is; ek bly dus nou in Johannesburg vir so lank as wat ek hier werk het,” sê sy. 

Melissa se rol in Getroud met rugby is nie net haar eerste sepierol nie; dis ook haar eerste volwasse rol. 

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

21 Oktober 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees