'Glam Guru' is terug: Hannon deel waardevolle lesse

akkreditasie
Hannon Bothma. Foto: kykNET
Hannon Bothma. Foto: kykNET

Glam Guru is vir die eerste keer op 8 April 2008 uitgesaai. Volgens Hannon het hy van die begin af geweet die program gaan baie gewild wees. 

“Dit klink dalk arrogant, maar ek het reg van die begin af geweet dat Glam Guru ’n instelling gaan bly. Dis egter ’n formule wat ons gereeld en subtiel aanpas na gelang wat die kykers wil sien. Ons kykers is dus eintlik die rede dat ons steeds van krag tot krag gaan,” sê Hannon aan Huisgenoot. 

Die 20ste seisoen van die kykNET-program is alreeds in Februarie verfilm. “Die reeks is veral relevant vir al die voorkomsuitdagings wat baie van die kandidate ervaar tydens en met die covid-19-pandemie,” vertel die stylghoeroe. 

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

28 Oktober 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees