Goeie nuus vir '7de Laan'-aanhangers

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto's: Instagram/@real7delaan
Foto's: Instagram/@real7delaan

7de Laan was sedert April vanjaar net van Maandae tot Woensdae op die kassie te sien. Vanaf Maandag 4 Oktober word die sepie egter weer vyf dae per week uitgesaai.  

"Kykers het gekla en was baie ontsteld oor hierdie verandering," sê Kayleen Bessit, publisiteitsbeampte van 7de Laan, aan Huisgenoot oor die SABC se vroeëre besluit om die sepie na drie dae per week te verkort. "Hulle kon net nie iets kry om hul Donderdae en Vrydae 18:00 mee te vul nie.” 

Kykers het selfs ’n petisie aanlyn begin “om hul ontevredenheid te beklemtoon", sê Kayleen. Dié petisie is deur meer as 7 000 mense geteken. 

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

9 Desember 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees