book-icon Uitgawe 25 Maart 2021

Herrie oor Love Island: Kyk watter skokke en paartjies was daar al wêreldwyd

akkreditasie
Dié selfie van die eerste 10 deelnemers wat pas in die villa ingetrek het, het vinnig in die sosiale media versprei. Kykers was geskok oor die reeks se gebrek aan 
diversiteit en swak produksiegehalte. Foto: Twitter/@LoveIsland_SA
Dié selfie van die eerste 10 deelnemers wat pas in die villa ingetrek het, het vinnig in die sosiale media versprei. Kykers was geskok oor die reeks se gebrek aan diversiteit en swak produksiegehalte. Foto: Twitter/@LoveIsland_SA

Aantreklike deelnemers en plofbare liefdesdriehoeke – dít was waarna kykers van die Suid-Afrikaanse weergawe van die maatsoekreeks Love Island maande lank uitgesien het. 

Maar nog voor Kupido sy pyle kon korrel, het kykers ná die eerste episode begin gons. Nie oor die vonke tussen die sexy deelnemers nie, maar oor die swak gehalte van die produksie en die gebrek aan diversiteit onder die deelnemers.

“Dit lyk asof dit met ’n swak selfoonkamera verfilm is,” het een kyker gekla. Die klank en redigering is uiters swak, het ander gebrom: ’n Kameraman is dan selfs in een skoot gewaar . . .

Kykers was ook ontevrede omdat daar aanvanklik net twee swart en twee bruin deelnemers teenoor ses wit deelnemers te sien was in die luukse villa in die Kaapse wynland, waar die werklikheidsreeks afspeel.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

20 Januarie 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees