En gaan een van vanaand se deelnemers eindelik kan wegstap as Huisgenoot se “Blokraaibeste”? Kom ontmoet dié blokraaiboffins.
Bernadette was “stomgeslaan, maar bly” toe sy hoor sy is die wenner van episode vyf. Die oorwinning het haar plek verseker in die tweede semifinaal wat vanaand uitgesaai word.
“Ek het dit glad nie verwag nie, maar ek het toe geweet ek is ’n stappie nader aan die groot finaal!”