“Om te hoor jy wen iets so groot op televisie is net iets wat jou daai goedvoel-gevoel gee,” sê Nastassja Ras (37) van Pretoria aan Huisgenoot. “Ek sê ook in die episode ek het nog nooit iets gewen in my hele lewe nie.”
Dié blondekop is Woensdagaand as Suid-Afrika se toptrouvrou aangewys – en het toe boonop aangekondig sy gaan haar prysgeld van R500 000 met die ander sewe deelnemers deel.
Sy kon nie met die res van die vroue wat daar voor haar staan met al die prysgeld terugvlieg Pretoria toe nie, vertel Nastassja. Daarom het sy R10 000 aan elkeen geskenk.