Deel

KYK: Emo en Tarryn sing soos Gaga en Bradley

akkreditasie
Die sangeres Tarryn Lamb en Emo Adams sing die liedjie Shallow op Maak My Famous. Foto: Verskaf.
Die sangeres Tarryn Lamb en Emo Adams sing die liedjie Shallow op Maak My Famous. Foto: Verskaf.
Twee gedagtes wat saam een pragtige boodskap word – dís wat die sangeres Tarryn Lamb opgewonde maak om ’n duet te sing.

Dié donkerkop het op die nuuste aflewering van die talentsoekprogram Maak My Famous saam met haar mede-aanbieder, die charismatiese Emo Adams, die bekende treffer Shallow gesing.

Die liedjie is oorspronklik deur Lady Gaga en Bradley Cooper in die fliek A Star is Born gesing en het sedertdien wêreldwyd ’n oorwurm geword.

“Dit is ’n massiewe treffer en so baie mense het dit al opgevoer, maar ek dink ek en Emo het dit ons eie gemaak,” verduidelik Tarryn aan Huisgenoot.

“Ek is mal daaroor om saam met Emo op te tree, want hy is boonop ’n goeie akteur. So dit bring ’n dinamika aan ons optrede en die manier waarop ons die verskillende karakters uitbeeld,” voeg sy by.

Wat dié episode vir haar nog meer spesiaal gemaak het, is om die sinergie tussen die verskillende deelnemers en en hul bekende duetmaats te sien.

Een so ’n optrede wat uitgestaan het, is Bernice West wat saam met die The Voice-wenner Craig Lucas opgetree het.

Dit voel onwerklik dat sy so ver in die kompetisie gevorder het, maar dit is ’n ervaring wat sy vir ewig sal koester, sê Bernice.

“Craig is uiters vriendelik en hy het my gehelp om ’n paar note binne my gemaksone net ’n bietjie meer energie te gee,” vertel Bernice aan Huisgenoot.

“Om te sien hoe iemand op ’n professionele vlak werk en om tyd saam met hom deur te bring, het vir my baie beteken,” sê sy.

maak my famous
Bernice West sing saam met Craig Lucas. Foto: Verskaf.

Craig, wat self ná ’n musiekkompetisie sy opgang in die musiekmark gemaak het, het ook die geleentheid geniet, vertel hy.

“Ek dink talentkompetisies bied ’n ongelooflike geleentheid vir opkomende kunstenaars. Dit is moeilik om in die plaaslike musiekmark naam te maak,” sê Craig.

Volgens hom sing Bernice of sy al ’n “100 lewens” agter die blad het, aangesien sy met soveel passie en oortuiging optree.

“My raad aan al die deelnemers is om alles wat hulle kan leer, in te neem. Ongelukkig kan slegs een persoon ’n wenner wees, maar as elkeen die kennis en ondervinding opslurp, sal almal as ’n soort wenner wegloop,” sê Craig.

  • Die regstreekse finale episode van die Maak My Famous word op 11 Julie om 20:00 op kykNET en kykNET&kie uitgesaai.
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Jongste uitgawe

23 Maart 2023

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees