Die twee aktrises wat ook in die Get Out-regisseur, Jordan Peele, se jongste rolprent, Us, gaan verskyn, het al tevore gepraat oor die tyd toe hulle in die ikoniese reeks te sien was.
“Ek onthou niks daarvan dat ek in die reeks was nie, maar ek het die foto’s gesien,” het Cali gesê, terwyl Noelle opgemerk het dis verstommend dat sy Jennifer Aniston (49) as ’n TV-ma gehad het.
“Sy is so beroemd, en ek is net ’n gewone mens. Dis regtig koel!”