KYK: Suidooster vier 1000ste episode

akkreditasie
Die gewilde kykNET-sepie Suidooster saai vanaand sy 1000ste episode uit. Foto: kykNET/Suidooster
Die gewilde kykNET-sepie Suidooster saai vanaand sy 1000ste episode uit. Foto: kykNET/Suidooster

Suidooster, wat die eerste Afrikaanse sepie is wat in Kaapstad verfilm word, is die eerste keer op 16 November 2015 uitgesaai. 

Al was die sepie aanvanklik net van Maandag tot Woensdag op die kassie te sien, is daar later nog ’n ekstra dag (Donderdag) bygevoeg. 

Juis omdat kykers so mal is oor die mense van Ruiterbosch word die sepie sedert die 6de April 2018 vyf dae ’n week uitgesaai. 

“Ons het van dag een gehoop dat Suidooster baie gewild sou word, maar daar was reeds ’n handvol gewilde sepies en ons het nie gedink dat Suidooster so gou dieselfde gewildheidsvlakke as hulle sal bereik nie. Ons is nederig dankbaar vir hoe vinnig Suidooster aanklank by kykers reg oor Suid-Afrika, Namibïe en ander lande gevind het,” sê Wilmer Müller, publisiteitsbestuurder van Suidooster. 

Die 1000ste episode van die kykNET-sepie is alreeds op Donderdag 20 Februarie by Atlantic Studios in Kaapstad verfilm. 

“Ons het dit twee keer gevier. Op die 20ste Februarie met ’n spesiale ete vir al die akteurs en produksiespan, en ook met ’n spesiale koek op dié dag,” vertel Wilmer. 

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

27 Januarie 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees