Hy kan swem, ja, maar dis nou nie asof sy naam Chad le Clos is nie. Dié dat Liam (19) gevoel het hy’s by die diep kant ingegooi met die vervaardiging van kykNET se nuwe reeks Diepe waters.
Maar kyk jy so na Liam se spel, lyk hy soos ’n vis in water. Hy is mos al voor die kameras vandat hy 11 jaar was.
Oor sy karakter vertel hy: “Daar word baie druk op hom gesit om die beste te wees, maar hy het ook sy eie goed waarmee hy sukkel, want sy suster is ’n baie beter swemmer en almal glo meer in haar.”