'Love Island'-wenners vertel van hul liefde in regte wêreld

akkreditasie
Die paartjie Libho en Thimna is die wenners van die eerste seisoen van Love Island SA. Foto's: Verskaf
Die paartjie Libho en Thimna is die wenners van die eerste seisoen van Love Island SA. Foto's: Verskaf

Thimna Shooto en Libhongo-Lethu “Libho” Geza, die paartjie wat ook bekend staan as “Limna”, het Sondagaand vol verliefdheid uit die villa gestap en boonop met ’n miljoen rand in die sak nadat 53% van die kykers vir hulle gestem het.

Maar die geld is vir die twee net ’n bonus, want die feit dat hulle mekaar gevind het, is die grootste prys.

“Om by hierdie vrou te wees, is so ongelooflik,” sê Libho. “Ek het soveel waardering vir wie sy is en het intussen so baie van haar en al haar talente geleer.” 

Die reeks, wat by die Britse TV-kanaal ITV begin het, is op M-Net uitgesaai en behels dat 10 deelnemers voor die kameras in paartjies opgedeel word. Hulle mag dadelik na hartelus soen en met mekaar flankeer. Maar nuwe deelnemers sluit mettertyd by die groep aan en kom saai amok terwyl almal so lank moontlik in die villa probeer bly. 

Die deelnemers, wat in weelde leef, het geen kontak met die buitewêreld nie. 

Aanvanlik het kykers die Suid-Afrikaanse weergawe erg gekritiseer weens die gebrek aan diversiteit en swak produksie. Tog het dit teen die einde van die reeks aan die lig gekom dat Love Island SA baie gewild was. Dit het die uiterse gewilde Boer soek ’n vrou én Grey’s Anatomy geklop as die reeks wat die beste gevaar het op die DStv se Video On Demand-app vir Premium intekenare. 

In die finale episode van die program het Millie Terblanche en Asad Boomgaard tweede gekom met 30% van die stemme, Mischka Najar en Xavier Haupt derde met meer as 12% en Ross Marshall en Tania Kera vierde met net meer as 2% van die stemme.

Sedert Libho en Thimna die villa verlaat het, geniet hulle dit om gewone dinge saam met mekaar te doen, soos om winkels toe te gaan en te eet wanneer hulle wil. 

Die paartjie op die skerm sit styf teen mekaar tydens die video-onderhoud en elke nou en dan kyk hulle bewonderend na mekaar. Hulle praat met groot oortuiging van hul gevoelens vir mekaar. 

“Oe, ons gevoelens is meer as eg,” sê Thimna.  

Libho sê van die eerste aand wat hy langs haar ingekruip het, het dinge vir hom reg gevoel. 

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

20 Januarie 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees