1. Dié splinternuwe dramareeks, wat op 10 Mei sy debuut op kykNET maak, bestaan uit 10 episodes en is gegrond op die boek Die dinge van ’n kind uit die pen van die bekroonde skrywer Marita van der Vyver.
Die reeks gaan oor Mart Vermaak, wie se ontnugtering van haar grootwordjare plaasvind teen die politieke agtergrond van die onstuimige laat 1970’s. In haar ouer jare bevind sy haar egter in ’n ontnugtering van ’n heel ander aard.
Van die belangrike kerntemas wat aandag kry, is die algemene ontgogeling van grootword en die ingewikkeldheid van verhoudings tussen vriende, ouers en hul kinders, sê Scharl van der Merwe en Zandré Coetzer, die vervaardigers van die reeks.