In dié splinternuwe reeks van 13 episodes op SABC2 vergesel jy as kyker die karakters op ’n reis – een waarop hulle die lewe van voor af ontdek en leer waardeer. Karavaan gaan oor ’n impromptu padreis van Kaapstad na Vredendal aan die Weskus.
Dis ’n bekoorlike eerbetoon aan die landskap, sy kleurryke dorpe en ware vriendskap. Dit is hartverblydend, snaaks, hartseer, nostalgies en eg Suid-Afrikaans.
Kykers vergesel die jarelange vriende Hennie September (Kurt Egelhof), Renske Minnaar (Elsabé Daneel), Gert Marais (Albert Maritz) en Marshal Jones (Ivan Abrahams). Hulle sleep Hennie se gehawende woonwa met Renske se motor.