‘Op my eish!’-drama: Een vrou storm weg ná Francois haar die trekpas gee

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Ná weke se aktiwiteite en Francois Jacobs wat sy aandag in al vier windrigtings moes verdeel, kry hy in dié week se episode van kykNET se realiteitsreeks ‘Op my eish!’ die geleentheid om sy onverdeelde aandag aan die laaste vier oorblywende vroue te gee.

Hy neem elkeen op ’n spesiale alleenafspraak terwyl hulle besef dit is hul laaste kans om sy hart finaal te wen.

Leyla geniet ’n vlug saam met Francois. Foto: Vers
Leyla geniet ’n vlug saam met Francois. Foto: Verskaf

Leyla word op ’n vliegrit weggeneem na ’n privaat landingstrook wat eindig by ’n huis wat op die rand van ’n krans gebou is. Dit is hier waar die twee vir ’n vonkelwyn-ontbyt aansit. Sy en Francois het hierdie konneksie waar hulle kan hande vashou en in mekaar se oë staar sonder om ongemaklik te voel, beskryf Leyla hul verhouding. “Ek sien beslis ’n langtermynverhouding met Francois,” sê sy.

Francois sê dit voel of hulle al jare bymekaar is. “En hierdie band groei net al hoe sterker en sterker.”

Hy neem die avontuurlustige Ceylonia op ’n motorfietsrit terwyl sy hom stywer en stywer vasklou. Vir ’n piekniek-ete word daar by ’n afgeleë plaashuis gestop.

“Jy kan maar die sous van my gesig aflek,” terg sy hom terwyl hulle aan hoendervlerkies weglê. Dan vra sy hom direk oor hul verhouding: “Dink jy dit kan werk? Want Fancois, ek wil hê jy moet vir my ‘n kans gee.”

Claudia en Francois geniet ’n glasie wyn nadat hy
Claudia en Francois geniet ’n glasie wyn nadat hy vir hul aandete voorberei het. Foto: Verskaf

Claudia word met ‘n helikopter geneem tot waar Francois vir haar by sy ouers se vakansiehuis langs ’n dam wag.

“Daar is ’n definitiewe romantiese geur in die lug,” beskryf Francois hul aand. “Ek kan sien dat ek moontlik aan haar sy kan staan.”

“Ja, ek sien jou as my pasmaat,” bevestig sy vir hom. “Ek sien jou as my persoon.”

Francois en Nykie op die dam. Foto: Verskaf
Francois en Nykie op die dam. Foto: Verskaf

Nykie is in haar noppies toe Francois haar met watersport op ’n dam trakteer.

Hy maak haar baie verlief, sê sy. “En elke keer as ek by hom is, dan voel dit of daar niemand anders rondom ons is nie. Hy het ’n kyk in sy oë, en daardie kyk gee my skoenlappers.”

Sy weet sy wil saam met hom wees, sê sy vir Francois terwyl haar hand deur sy hare vroetel.

“Kan dit dalk iets word?” wonder hy later. “Wie weet?”

Maar Francois moet besluit wie van dié vier hy nou gaan huis toe stuur. Weereens ’n moelike besluit, want iets van hom wil beslis iets in elkeen van hulle hê, verduidelik hy sy dilemma. Maar dan is dit vir Ceylonia wat hy aan die einde eenkant toe roep. Sy vererg haar toe Francois vir haar sê hulle is nie op soek na dieselfde ding nie.

“Jy is die eerste ou wat my nog ooit gelos het,” spoel sy mond teenoor hom uit voordat sy wegstorm.

  • Volgende week: In die laaste episode van “Op my eish!”, wat op Donderdag 7 Julie om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai word, ontmoet Francois Nykie, Leyla en Claudia se ma’s. Dan is dit ook tyd vir sy grootste besluit nóg wat hy tydens die reeks moes neem.
  • Moenie enige groot nuus misloop nie! Vir boeiende nuus oor bekendes en aangrypende mensestories, teken in by ‘Huisgenoot’ se daaglikse nuusbrief, “Huisgenoot Vandag”. 
Teken in op ons nuusbriewe

Kry die dag se sterkste stories, die week se lekkerste resepte, die maandelikse nuus oor modes, boeke, skoolsake en hartsake. Teken nou in!  


Jongste uitgawe

18 Augustus 2022

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees
Huisgenoot Eisteddfod

Wys jou talent en kry meestersklasse by bekendes!

Huisgenoot Eisteddfod
Is jou kind talentvol en lief vir die kunste? Skryf nou in vir Huisgenoot se splinternuwe aanlyn nasionale kunsfees.
Skryf nou in