‘Op my eish!’: Nou is daar vier vroue oor wat mik na Francois se hart

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Wanneer Francois Jacobs ’n vrou alleen eenkant toe roep, weet hulle al teen dié tyd: dit is óf ’n goeie teken, óf ’n slegte teken. In hierdie week se episode van kykNET se maatsoekreeks ‘Op my eish!’ is dit Juane wat moet hoor Francois dink nie dinge sal tussen hulle uitwerk nie.
Juane hoor sy is die volgende vrou wat huis toe mo
Juane hoor sy is die volgende vrou wat huis toe moet gaan. Foto: Verskaf

Sy hart is regtig gebreek, sê Francois toe hy die nuus aan haar oordra. “Want dit voel of ek jou nou net regtig geleer ken het. Maar ongelukkig gaan ek jou moet groet vandag.”

Hy vertel hy het die vorige aand in sy kamer rondgeloop en oor en oor gedink en sy besluit heroorweeg.

Dis oukei, is haar reaksie. “Ek het geweet waarvoor ek ingeskryf het. Ek het ook geweet as jy my nie gaan kies nie, gaan iemand anders my kies.”

Die spanning is duidelik op Leyla, Ceylonia, Claud
Die spanning is duidelik op Leyla, Ceylonia, Claudia en Nykie se gesigte te sien. Foto: Verskaf

Juane erken later daar het baie emosies deur haar kop gegaan wat gewissel het van hartseer tot rustigheid. “Maar dit is oukei, want elke storie het ’n begin en ’n einde.” Tog raak haar oë nat toe sy oor haar emosies praat.

Nykie sê hulle moet besef enigiets kan enige oomblik verander. “Ons moet onsself regmaak daarvoor, want net een van ons gaan op die einde van die dag met Francois wegstap. En dit is flippen scary.”

Na Juane se emosionele vertrek voel Francois almal verdien nou ’n sorgvrye aand uit. Daarom neem hy hulle na die Urban House Bistro in Nelspruit waar sy wingman in die reeks, Schalk Bezuidenhout, ’n eenmankomedievertoning lewer. Daar word gelag en gekuier, en sommer gou laat Schalk se kwinkslae hulle van die dag se sorge en trane vergeet. 

Francois en die laaste vier vroue kuier in die Urb
Francois en die laaste vier vroue kuier in die Urban House Bistro. Foto: Verskaf
 
Volgende week: In die voorlaaste episode van die seisoen kry Francois die geleentheid om die oorblywende vier vroue op ’n laaste romantiese afspraak te vat. Maar gaan dit hom help om enigsins nader aan ’n finale besluit te kom? Episode 12 van Op my eish! word op Donderdag 30 Junie op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai.
  • Moenie enige groot nuus misloop nie! Vir boeiende nuus oor bekendes en aangrypende mensestories, teken in by ‘Huisgenoot’ se daaglikse nuusbrief, “Huisgenoot Vandag”. 
Teken in op ons nuusbriewe

Kry die dag se sterkste stories, die week se lekkerste resepte, die maandelikse nuus oor modes, boeke, skoolsake en hartsake. Teken nou in!  


Jongste uitgawe

30 Junie 2022

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees