'Op my eish!': Slange, soene en ’n sonsondergang in die Laeveld

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Glibberige reptiele, ’n groot verjaardag-jol en meer as een hunkerende vrou wat hard aan Francois Jacobs se hartkamers klop. Dit is die mengsel vermaak wat kykers in dié week se episode van kykNET se maatsoekreeks 'Op my eish!' te siene kry.

Vir ’n meer grillerige aktiwiteit hierdie week neem Francois vier van die vroulike deelnemers eers na die Perry's Bridge Reptielpark op Hazyview. Maar Francois word ook 33 en hy nooi later al die vroue, asook van sy vriende en ander kennisse, na sy verjaardagpartytjie by die Blue Moon musiekvenue net buite Nelspruit.

Die “Franna Fest” is gereël deur Francois en sy sakevennoot, Adriaan van As. Die voggies vloei, en natuurlik kan Francois nie genoeg van al die vroulike aandag kry nie!

Francois verklap dat hy eintlik maar effens lugtig
Francois verklap dat hy eintlik maar effens lugtig vir slange is. Foto: Verskaf

Hy sit egter met ’n ander dilemma, want dit wil voorkom asof hy ewe veel van Abigail sowel as van Leyla hou.

Abigail, die haarkapper van Vanderbijlpark, is die eerste vrou in die huidige seisoen van Op my eish! wat deur Francois gesoen is. Dit het reeds in episode vyf gebeur, maar hierdie week wil sy direk by hom weet hoe hy nog oor haar voel. “Ek is mal oor jou, Abi,” antwoord hy, terwyl hy diep in haar oë staar. Later vertel hy aan die kamera daar is definitief “gevoelens wat broei hier binne my”.

“Sy laat my ekstra smile elke keer as ek na haar kyk. Sy is 'n beautiful being, inside and out.”

Tydens die besoek aan die reptielpark plaas Jason Stewart, die slanghanteerder, ’n groot luislang om Francois en Abigail se skouers. Die slang krul en trek hulle al hoe nader aan mekaar. “Nee, dit gaan lekker,” is al wat Francois kan uitkry as hulle gesigte bymekaar is. “Lekker styf,” sê sy, terwyl die ander uitbars van die lag.

Lekker styf, sê Abigail as die luislang haar en Fr
Lekker styf, sê Abigail as die luislang haar en Francois nader na mekaar trek. Foto: Verskaf

Abigail sê hy moet weet sy gaan hom beslis nog eendag haar man maak. Sy sê sy glo haar “konneksie met Francois is nog oukei, maar ek kan ook sien dat hy ander konneksies het met die ander vroue.

"Dit laat my ongemaklik voel, want dit is nie lekker om dit te sien ook nie. Dit maak my hartseer, maar ek probeer sterk bly.”

En dan is daar Leyla. Hy geniet elke oomblik saam met haar, sê Francois. “Ek voel ons het tot dusver seker een van die sterkste konneksies tussen al die ander vroue. Ek het hierdie seuntjieagtigheid wat uitkom. Ek bewonder haar! En, ek moet sê, ek dink ek raak bietjie verlief op haar. ”

Die twee het tydens die besoek aan die reptielpark, tydens hul alleentyd, ook sommer gou seker gemaak daar is tyd vir ’n lang en intense soen. So intens, dat daardie eerste soen tussen hom en Abigail in episode 5 nou skoon na ’n Sondagskoolkus lyk.

Claudia, Francois en ’n sonsondergang in die Laeve
Claudia, Francois en ’n sonsondergang in die Laeveld. Foto: Verskaf

Maar wag, wat dan van Claudia? Laatmiddag tydens sy verjaardagpartytjie dwaal hy en sy weg van die ander mense, maar hul gevoelens dwaal nie weg van mekaar nie. Die intense kyk in hul oë trek hul koppe nader en nader, totdat hul tonge innig kontak maak terwyl die son romanties om hulle in die Laeveld ondergaan.

Maryna Lourens van Lydenburg kon egter nie die partytjie bywoon nie, want Francois het haar reeds vroeër by die reptielpark gevra om huis toe te gaan.

Maryna hoor sy moet huis toe gaan. Foto: Verskaf
Maryna hoor sy moet huis toe gaan. Foto: Verskaf

  • Volgende week is daar 'n uitstappie op die Klipkoppiedam en 'n besoek aan die Elephant Whispers-oord. Met nog net sewe vroue oor, raak Francois se keuses al hoe moeiliker. Tog groei sy onsekerheid ook met elke oomblik. Dít is wat kykers te wagte kan wees in episode 8 wat op Donderdag 2 Junie op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai word.
  • Moenie enige groot nuus misloop nie! Vir boeiende nuus oor bekendes en aangrypende mensestories, teken in by Huisgenoot se daaglikse nuusbrief, “Huisgenoot Vandag”.  
Teken in op ons nuusbriewe

Kry die dag se sterkste stories, die week se lekkerste resepte, die maandelikse nuus oor modes, boeke, skoolsake en hartsake. Teken nou in!  


Jongste uitgawe

7 Julie 2022

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees