Die gewese Cheetah-rugbyspeler William Small-Smith is ’n groot aanhanger van die reeks en het sy span ingeskryf.
Tydens die oudisie het ’n lid van die vervaardigerspan gewaar een van sy spanlede is die oud-Springbok Bryan Habana.
Toe word die twee en Deon Nobrega, wat die app Paymenow saam met Bryan gestig het, ’n span bekendes. “Ons maak ’n goeie span, want ons het almal unieke agtergronde en belangstellings,” sê William.
Die Fynskrif-akteur Bennie Fourie het sy broers, Reynold en Wilbrie, gevra om deel van sy span te wees. Die drie was saam in die reisprogram Die broer toer te sien.