“As gevolg van Esti se verlede het sy nooit verwag iemand gaan ooit okay wees daarmee en haar ten volle aanvaar nie,” sê Reandi oor haar karakter.
Marko Greyling (Francois Lensley) was immers die eerste man wat haar liefgehad het, maar toe dinge nie uitwerk nie, het sy aanvaar dat dit altyd net sy en haar seun, Thomas (Vian Singleton), gaan wees.
“Rickus se proposal was naas Thomas se geboorte die beste oomblik van haar lewe. Sy en Rickus is deur baie, maar dit alles het aan haar bevestig dat dit die man is by wie sy vir die res van haar lewe moet wees,” sê Reandi.