Die sepie doen vir die afgelope paar jaar elke jaar ’n maskerbal. Dit blyk baie gewild te wees onder kykers. “Daar is altyd een of ander kinkel in die kabel of drama wat afspeel,” sê Rohan Horn, 7de Laan se kreatiewe regisseur.
Die Welman-gesin se onlangse maskerbal was nie ’n uitsondering nie, toe Esti (Reandi Grey) ’n verrassingverskyning gemaak het nadat sy maande lank in ’n koma was.
“Daar is dus deur die storiespan besluit om hierdie jaar se maskerbal te inkorporeer met DeWet en Bonita se troue. Waar is daar meer drama as op ’n troue?” sêvra Rohan.