'Ram vir 'n Rus: Wink daar 'n nuwe hoofstuk vir die 4 Ramme en hul Russe?

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Dit is die laaste dag by die Nyati Lodge en die afskeid hang swaar in die Bosveldlug. Elke Ram het vir hom ’n Russiese vrou gekies om saam met hom huis toe te gaan, terwyl die ander vier onsuksesvolle Russe hul tasse moes pak om ’n vliegtuig terug na hul moederland te neem. Dit is hoe episode 8 van VIA se maatsoekreeks 'Ram vir ’n Rus' hierdie week afgespeel het . . .
Gideon en Alisa vas aan die slaap in die bussie op
Gideon en Alisa vas aan die slaap in die bussie op pad terug na Gauteng. Foto: Verskaf

Mariya, Nataliya, Evgeniya en Mila moet groet en die Bosveldparadys ná 10 dae verlaat. Hul harte kon nie ’n Suid-Afrikaanse ram se hart verower nie. Die ander vier Russe, wie Kupido se pyle kolskoot in die hart getref het, maak gereed om vir vyf weke lank by hul pasmaats te gaan intrek.

Viktoriia, wat by Ryan gaan bly, sê sy is senuagtig maar ook opgewonde. Nataliya het natuurlik ook ’n oog op Ryan gehad. Op pad na die bussie snou sy vir Viktoriia toe: “Jy is so ’n bitch.” Mila spoel ook haar mond behoorlik uit. Sy dink glad nie dat dinge tussen Ryan en Viktoriia, of tussen Heinrich en Tanya, gaan uitwerk nie.

Marche lyk opgewonde om Koos se leefwêreld in Erme
Marche lyk opgewonde om Koos se leefwêreld in Ermelo te gaan ontdek. Foto: Verskaf

In die bussie terug Gauteng toe raak Gideon en Alisa in mekaar se arms op die agterste sitplek aan die slaap. Net soos dié twee lyk almal in die bussie moeg en uitgeput. Dit was immers 10 dae van talle dagaktiwiteite en vele laataandkuiers om die kroeg en swembad.

Heinrich het nog nooit saam met ’n vrou gebly nie, dus sal die volgende vyf weke met Tanya in die huis ’n heel nuwe ondervinding vir hom wees. As hy haar binnenooi, sien sy die mure is kaal met geen vorm van dekor in sig nie. Hy verduidelik aan haar dit is ’n vrou se voorreg om van ’n huis ’n warm tuiste te maak.

Heinrich dra vir Tanya sy huis binne. Foto: Verska
Heinrich dra vir Tanya sy huis binne. Foto: Verskaf

Marche en Koos het skaars by sy huis in Ermelo aangekom, toe wys sy ’n ander kant van haar en begin eise stel. Sy wil dadelik die Wi-Fi-kode en ’n glas wyn hê terwyl sy kla omdat haar kamer so koud is. (Hierdie episode is in Julie verlede jaar verfilm.)

Koos gebruik nie verwarmers nie maar hy belowe om die volgende dag vir haar ’n elektriese kombers te koop.

“Daar was in tien minute se tyd net te vinnig te veel vrae,” voel Koos. Om dinge te vererger vat hy toe per ongeluk boonop nog ’n slukkie van haar wyn en sy gaan sit hoog ontsteld in haar kamer.

“Nou raak ek bietjie bang,” sê Koos.

Dit lyk darem of die eerste aand in Ryan se huis heel goed verloop en hy en Viktoriia kuier lekker saam. Omdat sy nie rooivleis eet nie, sorg hy dat daar hoender en vis in die yskas is.

Alisa lyk nie baie beïndruk met Gideon se jagtrofe
Alisa lyk nie baie beïndruk met Gideon se jagtrofee-versameling nie. Foto: Verskaf

Gideon is duidelik op sy senuwees as hy vir Alisa sy woonstel en sy ouers se huis in Roodepoort wys. Sy is egter onkant betrap met die vele opgestopte bokkoppe in die huis, wat Gideon sy trofeekamer noem. Dit maak haar bang, sê sy. Moet hulle net nie voer nie, antwoord hy tong in die kies. “Hulle is klaar opgestop.”

Nataliya het ook ’n oog op Ryan gehad, maar hy het
Nataliya het ook ’n oog op Ryan gehad, maar hy het vir Viktoriia gekies. Foto: Verskaf
  • In episode 9 van Ram vir ’n Rus, wat op Woensdagaand,15 Desember om 20:00 op VIA (DStv-kanaal 147) uitgesaai word, beleef die kykers saam met die vroue hul eerste oggend saam met die vier Ramme. Alisa wil hê Gideon moet vir hulle hul eie blyplek kry, Marche dwing Koos om verwarmers te gaan koop, Tanya sluit haar kamerdeur en Ryan verduidelik vir Viktoriia hoe om ’n bed op te maak.
Teken in op ons nuusbriewe

Kry die dag se sterkste stories, die week se lekkerste resepte, die maandelikse nuus oor modes, boeke, skoolsake en hartsake. Teken nou in!

Jongste uitgawe

20 Januarie 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees