Ramme, hier is nóg ’n kans om ’n Russiese skoonheid te ontmoet – skryf só in

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
TV-kykers het so pas die reis saam met vier Suid-Afrikaanse Ramme gestap om te kyk of hulle liefde ver oor die water sou kon vind. Nou is inskrywings oop vir die tweede seisoen van VIA (DStv-kanaal 147) se maatsoekreeks, 'Ram vir ’n Rus'.
Die agt Russiese vroue wat in die eerste seisoen v
Die agt Russiese vroue wat in die eerste seisoen van 'Ram vir ’n Rus' na Suid-Afrika gekom het. Foto: Verskaf

In dié werklikheidsreeks kry vier Suid-Afrikaanse mans die kans om die vrou van hul drome te ontmoet met die hulp van ’n Russiese agentskap. Twaalf enkellopende Russiese vroue word deur die agentskap geïdentifiseer en al vier mans kan hulle leer ken. Die mans kies dan gesamentlik agt vroue wat na Suid-Afrika kom om die Ramme beter te leer ken. 

Konrad Kuhn van Kopwond Films, vervaardigers van Ram vir ’n Rus, sê hierdie is ’n geleentheid om die liefde van jou lewe te ontmoet.

“Dit is vir ons baie belangrik dat almal wat aan die reeks deelneem regtig op soek is na liefde. Daar is weer pragtige vroue wat inskryf en die ondervinding sal verseker ’n mens se horison verbreed. Al vier die Ramme van seisoen 1 stem saam dat dit ’n eens in ’n leeftyd geleentheid was wat hulle nooit sal vergeet nie.”

Deelnemers het aan verskillende aktiwiteite, soos
Deelnemers het aan verskillende aktiwiteite, soos onder andere ’n wildkyk-uitstappie, deelgeneem. Foto: Verskaf

Azelia Morkel, VIA-kanaalhoof, sê hulle pak graag ’n nuwe seisoen aan waar mense hulself en persepsies uitdaag, en dit alles vir liefde.

“Die reeks is ’n opwindende en romantiese verhaal waar twee mense mekaar oor die waters heen vind. Ons weet elke deelnemer in seisoen 1 het baie oor hulself geleer en persoonlik ontwikkel. Kykers het ook heerlik saamgesels, kant gekies en betrokke geraak.”

Marche Osipova bied vir die ramme Gideon Coetzee,
Marche Osipova bied vir die ramme Gideon Coetzee, Ryan Massie en Koos Olivier ’n glasie vodka aan. Foto: Verskaf

Konrad sê hulle soek manlike deelnemers wat gemaklik met hulself en finansieel onafhanklik is.

“Ons soek na oopkop-mans wat regtig op soek is na ’n lewensmaat. Die vroue skryf in met hierdie doel voor oë, dus moet die mans ook die erns van die saak besef,” vertel Azelia.

Skryf so in

Stuur ’n WhatsApp-video na 063-403-5707 of ’n e-pos na action@kopwond.co.za.

Vertel meer van jouself en hoekom jy wil deel wees van Ram vir ’n Rus.

Deelnemers moet vanaf 22 Maart tot 1 April verlof neem by hul werk.

Daarna is hulle, saam met hul gekose Russiese deelnemer, terug by die huis waar die res van die reeks verfilm word. In dié tyd hervat hulle hul normale daaglikse roetines. 

Inskrywings sluit op 14 Februarie om middernag.

Teken in op ons nuusbriewe

Kry die dag se sterkste stories, die week se lekkerste resepte, die maandelikse nuus oor modes, boeke, skoolsake en hartsake. Teken nou in!

Jongste uitgawe

26 Mei 2022

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees