Dit klink dalk vir jou na ’n satiriese toneelstuk of ’n absurde draaiboek uit die pen van Wes Anderson, maar dís presies wat in die jongste episode van kykNET se Die Real Housewives van Pretoria gebeur het.
Die vroue beplan om ’n aand in die arms van Bacchus te spandeer toe hulle na ’n restaurant in Lynwood gaan, maar vooraf woon Kiki, Malcolm, Mel en haar boesemvriend Jeremia die Boksop-geveg tussen Angelique Gerber en Tasché by.
Kiki en Malcolm se liefdadigheidsorganisasie, FKN Army, was deel van die geleentheid.