book-icon Uitgawe 1 Oktober 2020

Sepielegende Milan Murray skitter in 2 nuwe reekse

akkreditasie
Milan Murray. Foto: kykNET
Milan Murray. Foto: kykNET

Dis al langer as twee dekades sedert Milan Murray haar deurbraak op die kassie gemaak het as die rebelse tiener Dusty da Silva in die sepie Isidingo. Sedertdien was sy al onder meer te sien in Binnelanders en meer onlangs in die dramareeks Waterfront. Nou is Milan (45) weer op kykNET te sien in die nuwe dramareeks Kompleks.

Haar karakter, Elize, is ’n verpleegster met ’n koesterende persoonlikheid, vertel sy.

“Elize se seun, Sean (Arthur Falko), is haar alles en hul verhouding is mooi en ondersteunend. Daar was ’n mate van insig omdat ek ook ’n tienerseun het, maar my navorsing kon nie net daar stop nie,” vertel Milan, wat self die ma is van ’n 13-jarige seun, Steph, en dogter, Lua (11).

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

28 Oktober 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees